Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID AFRIKAANSE RADIO LIGA NUUS 15 FEBRUARIE 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, wat gelees word deur ________________________ (naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd in Afrikaans, en om 08:30 plaaslike tyd in Engels, landswyd 'n nuusbulletin uit , op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad, www.sarl.org.za , afgelaai word.

'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanmôre se bulletin met nuus van ’n stil sleutel:

Dit is meet leedwese dat die heengaan van Johannes Jooste, ZS2JP, op Saterdag 7 Februarie aangekondig moet word. Johannes was 92 jaar oud.

Ons betuig ons innige meegevoel met sy familie en vriende.

POUSE

IN DIE NUUS VANDAG.
'N NUWE JEUG KOÖRDINEERDER AANGESTEL.
UITSTEKENDE TROPOGEUTOPENINGE LANGS DIE OOSKUS.
QSO TODAY EPISODE 28 MET EDDIE LEIGHTON, ZS6BNE.
SARL JEUGKOMPETISIE SOWEL AS DIGITALEKOMPETISIE OP 21 EN 22 FEBRUARIE.
EN
DIE VOLGENDE SARL@HOME HANDEL OOR DX EN KOMPETISIES MET ZS6EZ.

Bly ingeskakel hiervoor en nog ander interessante nuus.

** Die Raad van die Suid-Afrikaanse radioliga is tans besig om `n nuwe Jeugkoördineerder aan te stel. Mitchel Mynhardt, ZS6YH, het die Raad ingelig dat hy bedank omdat hy in sy laaste skool jaar is en op sy skoolwerk moet konsentreer. Die Raad bedank Mitchel vir sy werk as Jeugkoördineerder, en wens hom alles van die beste toe met sy finale skooljaar.

Koos Fick, ZR6KF, is aangestel as die nuwe Suid-Afrikaanse radioliga Jeug- koördineerder. Koos, 16-jaar oud, is in graad 11 aan die Hoërskool Helpmekaar in Johannesburg. Hy het die jeugnet beheer sedert November, en het ook ZS9YOTA suksesvol bedryf gedurende Desember 2014. Koos is baie gretig om amateurradio onder die jeug te bevorder in die algemeen, insluitend op die lug aktiwiteite.

Die Raad wens Koos alles van die beste toe, in sy rol as Jeugkoördineerder.

** Daar is nog net 5 tydgleuwe oop vir enkel amateurs of klubs om die roepsein ZS90SARL te gebruik, ter viering van die 90 ste bestaansjaar van die SARL.

Geaffilieërde klubs en lede van die SARL moet nou vinnig reageer om nog `n tydgleuf te bekom vir onderskeidelik ESB en/of Gelykgolf werking. Stuur dus onmiddellik `n e/pos aan sarl90@sarl.co.za. Vir die jongste opgedateerde skedule, en `n lys van beskikbare tydgleuwe besoek die voorblad van die SARL se webblad.

** Volgens Mike Bosch, ZS2FM, is daar tans uitstekende tropogeutopeninge langs die Ooskus. Uitstekende TROPOGEUT openinge was op Maandag 9 Februarie deur PeterTottle ZS2ABF op 144,300 MHz , boonste syband ondervind. Peter ZS2ABF, Hennie ZS2HC en John ZS2AH, het gedurende `n langafstand kontak met Al ZS2U in Port Elizabeth en en Dave ZS5DJ in Ramsgate in Natal gepraat. Ken ZS2OC, in Port Elizabeth was ook gehoor aan die onderpunt van die geraasvlak. Verskeie stasies van P.E. het deurgebreek op die lokale 145,650 MHz FM herhaler, maar nogtans was QSO`s gemaak. Peter ZS2ABF het ZS2U `n 5/2 sein op die agterkant van sy rigstraler ontvang. Dave ZS5DJ se QSO wat `n byna uur geduur het is deur Peter `n 5/9+60dB ontvang.

Dinsdagaand 10 Februarie was seine swak met QSB in die geraasvlak. Dave ZS5DJ was gehoor en gewerk met `n 5/0 sein. Interessant genoeg, Hennie ZS2HC wie in `n laagte bly, wat nie geskik is vir BHF DX nie, het Dave gehoor en gewerk, nadat hy van sy oorfone gebruik gemaak het. John ZS2AH was ook op frekwensie maar met beperkte resultate. Die Hepburn troposferiese voorspellings , voorspel baie goeie tropogeutvoortplanting gedurende die komende Woensdag en Donderdag.


** Luister na QSO Today Episode 28 met Eddie Leighton, ZS6BNE.
Eddie Leighton ZS6BNE kan allerwee beskou word as die vader van RaDAR in Suid-Afrika en ook in die wêreld. Niemand sou dit kon voorspel dat , toe Eddie sy “schack in a sack” idee bekend gestel het, om amateurradio, die veld en berge in te neem. Die wêreld van amateurradio het in `n ommesientjie ook `n spliternuwe dimensie betreë het. Hy het sy “schack in a sack” herdoop na RaDAR wat bekend is as “Rapid Deployment Amateur radio”. RaDAR kan beskou word as die Ysterman kompetisie van amateurradio, waar die buitelewe en amateurradio, met mekaar aansluiting vind.
Eddie sluit aan by Eric, 4Z1UG, in sy QSO Vandag op www.qsotoday.com/podcasts/zs6bne

** Die Uitvoerende Komitee van die IARU Streek 1, het sy jaarlikse vergadering op 7 en 8 Februarie 2015 in Frankfurt-am-Main, Duitsland gehou. Tydens die twee-daagse vergadering, het die Uitvoerendekomitee, onder andere, die strategiese voorkeur vir die streek, die finansiële verslag, begroting, spektrum aangeleenthede soos ingesluit in die verslae van die Eksterne Betrekkingekomitee, die HF en BHF komitees bepreek. Kernkwessies soos elektromagnetiese versoenbaarheid, die ledevereniging en sy reguleerder, aktiwiteite wat jong mense insluit en die ondersteuning aan die amateurradiodiensprogram ook bespreek.

In die besprekings oor aktiwiteite wat jongmense insluit, het die Uitvoerende Komitee ooreengekom dat ’n beleid oor die behoorlike beskerming van die kind en praktyke in plek moet wees. 'n Kinderbeskermingsbeleid is opgestel en sal binnekort beskikbaar gestel word. Nog `n verslag wat ter tafel gelê was het gehandel oor lidverenigings aangeleenthede, Amateurradio in twispuntareas en amateurverenigings as sulks was ook onder die loep geneem.

** Baie geluk aan al die Suid-Afrikaanse stasies wat deelgeneem het aan die 2014 IARU HF Kampioenskappe. Nege stasies was aktief vanaf ITU Sone 57, wat ZS1, ZS2, ZS5 en ZS6 verteenwoordig het. Pa en seun-span, Karel, ZS6WN, en Karel, ZR6K, wat as ZR9C aktief was, het 540 800 punte gemaak.

Daar was 62 Hoofkantoor stasies aktief in die HK kategorie met drie stasies van uit Afrika. In die 25ste plek is V55HQ met 9 956 010 punte, in 42ste plek is ZS9HQ (bedien deur ZS6RJ, VA7DX, ZS6JP, ZS1EL en ZS2EC) met 1 749 720 punte en in 44ste plek is 7T0HQ van Algerië met 1 490 032 punte.
Knap gedaan! Die 2015 IARU HF Kampioenskappe vind plaas in Julie.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

** Die volgende SARL@Home sal 'n aanbieding oor DX- en kompetisies wees en sal gehou word om 10:00 plaaslike tyd op Saterdag 28 Maart by die Nasionale Amateurradiosentrum. Chris Burger, ZS6EZ, gaan die aanbieding doen en jou vrae beantwoord. Daar is nie baie mense in die wêreld met  die kennis en praktiese ervaring van DX en kompetisies wat Chris het nie. Om hierdie insiggewende aanbieding by te woon, kontak die kantoor op 011 675 2393 om u bywoning te bevestig of stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za

** Die SARL 5MHz aktiwiteit sal plaasvind op 28 en 29 Maart. Die foon gedeelte sal elke dag plaasvind vanaf 06:00 tot 08:00 plaaslike tyd, met die tweede gedeelte wat sal plaasvind vanaf 18:00 tot 22:00. Meer inligting sal mettertyd bekend gemaak word. Sertifikate vir die September 2014 5 MHz aktiwiteitnaweek word geproseseer en sal binne twee weke aan deelnemers ge-e/pos word.
** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
Charl Lodewyk Cilliers, ZSL1135;
Henry Williams, ZSL1136.
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Lidmaatskaptal van die SARL is tans 1618 plus 36 geaffilieerde klubs.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Jeugnaelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontak tussen die jong amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Roep "CQ Jeug" op Saterdag 21 Februarie van 08:00 tot 10:00 UTC op 40 meter. 'n RS-verslag en die operateur se ouderdom word uitruil.
’n Kontak tussen stasies in die ouderdomsgroep 25 en jonger is 5 punte werd; ’n kontak tussen stasies in die onder 25-groep en oor 26-groep is 2 punte werd en ’n kontak tussen stasies in die ouderdomsgroep 26 jaar en ouer is punt werd. Logstate moet teen 28 Februarie ingedien word deur e-pos aan youthsprint@sarl.org.za. Die ouderdom van die operateur moet op die opsommingsblad getoon word. Al die logstate wat ontvang word sal in 'n trekking vir 'n Studentlidmaatskap van die Suid-Afrikaanseradioliga geplaas word. Sertifikate sal toegeken word vir alle logstate wat korrek ingedien is.

Jy is ingeskakel by `n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse radioliga.

** Die eerste Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale kompetisie vir 2015 vind plaas vanaf 13:00 UTC tot 16:00 UTC op Sondag 22 Februarie op 80, 40 en 20 meter. Die doel is om soveel as moontlik kontakte tussen radioamateurs in Suider-Afrika met behulp van PSK31 en RTD te maak. Die kompetisie is oop vir alle radioamateurs in Suider-Afrika. ’n Stasie kan twee keer gekontak word een keer op RTD en een keer op PSK31 en die uitruiling is 'n RST verslag plus 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin. Logstate moet teen 1 Maart ingedien word deur `n e-pos te stuur aan contest@sarl.org.za. Kry al die inligting oor die telling en vermenigvuldigers in die 2015 Kompetisie Handleiding.

** Die ARRL Internasionale DX gelykgolfkompetisie begin om 00:00 UTC op 21 Februarie en eindig om 23:59 UTC op 22 Februarie. Vir DX-stasies wat die VSA en Kanada werk is die inligtinguitruiling 'n RST verslag en kraguitset.
** Die immer gewilde Hamnet 40 meter Gesimuleerde Noodkompetisie is geskeduleer vir Sondagmiddag 1 Maart en dit is 'n groot geleentheid vir 'n klub uitstappie en om jou noodradio toerusting te toets.

** Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 28 Februarie 2015 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Nick ZS6NCK 082 454 1272.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Al die sigbare sonvlekke se magneetvelde is stabiel. Die kanse vir enige sonfakkels is baie gering. huisves.
Die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 75 vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen.
Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Die SARL nuusspan is op soek na vrywilligers wat behulpsaam kan wees met die opstel asook opneem van bulletins. Ons ondervind tans 'n tekort aan persone wat kan help met die Engelse bulletins in besonder. Kontak asseblief vir Dawie ZR6DHC by zr6dhc@zs6rtb.co.za indien jy help in hierdie verband.

Dagboek van gebeure.
Vandag is die laaste dag om jou PEARS logstate in te dien
21 Februarie - die Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug naelloop
22 Februarie - die Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale kompetisie en die sluitingsdatum vir Nasionale Velddag logsstate
21 en 22 Februarie - ARRL Internasionale DX gelykgolf kompetisie
28 Februarie - Wesrand ARK Vlooimark
1 Maart - die Hamnet 40 meter Gesimuleerde Nood kompetisie
14 en 15 Maart - Afrika Alle Modes Internasionale DXCC wedstryd
28 Maart - SARL@Home oor DX en kompetisies
28 en 29 Maart - 5 MHz aktiwiteits naweek
9 April - laaste dag vir die Mei RAE te registreer.

Om die bulletin mee af te sluit,`n terugblik op ons hoof nuusitem.
Koos Fick, ZR6KF, is aangestel as die nuwe Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug- koördineerder. Hy is baie gretig om amateurradio onder die jeug en in die algemeen te bevorder, insluitend, op-die-lug aktiwiteite.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die “newsinbox” skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

** Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4895 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapport, kommentaar en voorstelle. Stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

** Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat saamgestel is deur Dennis Green ZS4BS , geredigeer deur Johann ZS6PSS en gelees deur ..............................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX

--


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003